Mahmoed Ahmadinedjad | |
6de president van die Islamitiese Republiek van Iran
| |
Ampstermyn 3 Augustus 2005 – 3 Augustus 2013 | |
Vise | Parviz Davoodi Esfandiar Rahim Mashaei Mohammad Reza Rahimi |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mohammad Chatami |
Opgevolg deur | Hassan Rohani |
Burgemeester van Teheran
| |
Ampstermyn 20 Junie 2003 – 3 Augustus 2005 | |
Vise | Ali Saeedlou |
Voorafgegaan deur | Mohammad-Hassan Malekmadani |
Opgevolg deur | Mohammad Bagher Ghalibaf |
Goewerneur van Ardabil
| |
Ampstermyn 1 Mei 1993 – 28 Junie 1997 | |
Voorafgegaan deur | Hossein Taheri (Oos-Azerbeidjan) |
Opgevolg deur | Javad Negarandeh |
Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
| |
Ampstermyn 30 Augustus 2012 – 3 Augustus 2013 | |
Voorafgegaan deur | Mohammad Chatami |
Opgevolg deur | Hassan Rohani |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 28 Oktober 1956 Aradan, Iran |
Politieke party | Islamitiese Vereniging van Ingenieurs |
Eggenoot/-note | Azam Farahi |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Iranse Universiteit van Wetenskap en Tegnologie |
Religie | Sjiisme |
Handtekening |
Mahmoed Ahmadinedjad (Persies: محمود احمدینژاد; gebore 28 Oktober 1956), was die sesde president van die Islamitiese Republiek van Iran. Sy termyn het op 3 Augustus 2005 begin en op 3 Augustus 2013 geëindig.
Ahmadinedjad is as burgemeester van Teheran aangestel op 3 Mei 2003 en tot president verkies op 24 Junie 2005. Voor sy aanstelling as burgemeester was hy 'n siviele ingenieur en 'n medeprofessor by die Irannese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie.
Polities is Ahmadinedjad 'n lid van die Sentrale Raad van die Islamitiese Vereniging van Ingenieurs, maar hy het 'n groter magsbasis binne die Alliansie van Bouers van Islamitiese Iran (Abadgaran). Hy word as een van die hooffigure in die alliansie beskou. Hy word algemeen beskou as godsdienstig konserwatief met Islamitiese en populistiese beskouings. Hy is 'n omstrede figuur in die wêreldpolitiek, onder meer as gevolg van die manier waarop hy Iran se kernprogram nastreef, omstrede stellings oor Israel en die ontkenning van die Sjoa.